Weiding reeds jare lank ‘n probleem in Namibië
Reaksie word ontvang op die verslag deur die Namibiese Kamer van die Omgewing oor die stand van weiding in die land. Die dele van normaalweg die droogste is, die verre suidoostelike hoek van die land, sowel as die dele teen die noordelik grens met Angola tot langs die Etosha-pan, vertoon goed tot baie goed. Maar, vir die res van die land is daar ernstige tekorte, veral in die suidelike helfte van die land. Die tegniese adviseur vir Agribank, Erastus Ngaruka, sê dit is reeds jare lank ‘n voortdurende probleem. Hy het met Kosmos 94.1 nuus gepraat.
Leave a Reply