Welwitschias baklei hard terug, wen Chili 28-26
Die Windhoek Draught Welwitschias het hul laaste wedstryd teen Chili in die Wêreldrugby-nasiesbeker met ‘n finale telling van 28-26 gewen. Die halftydtelling was 19-7 in Chili se guns. Die Namibiërs het vier drieë gedruk en die span het hard baklei om die wedstryd te wen met die telling wat op ‘n stadium 26-7 in Chili se guns was. Die span sal nou terugkeer Namibië toe om voor te berei vir sy wedstryd teen die Blou Bulle op 26 Augustus by die Hage Geingob-stadion in die hoofstad.
Leave a Reply