Netbal: Wêreldbeker-trofee in Kaapstad
Netbal: Die Wes-Kaapse LUR vir kultuursake en sport, Anroux Marais, sluit vandag die Wêreldbeker-trofee se toer deur die provinsie amptelik af met die oorhandiging aan die Stad Kaapstad. Sestien spanne sal aan die toernooi deelneem wat op 28 Julie in die Kaapstadse Internasionale Konvensie-sentrum afskop. Die LUR se waarnemende woordvoerder, Tania Colyn, sê die trofee sal voor die aanvang van die toernooi op verskeie plekke in die stad vertoon word.
Leave a Reply