Wes-Kaap belê groot in infrastruktuur
Die Wes-Kaapse LUR vir infrastruktuur, Tertuis Simmers, sê belegging in infrastruktuur kan ekonomiese ontwikkeling aan die gang sit. Hy het gister die eerste deel van die ministeriële uitreikprogram na distriksmunisipaliteite in die Weskus-distriksmunisipaliteit voltooi. ‘n Totale begroting van 2,25 miljard Suid-Afrikaanse rand is vir dié munisipaliteit geoormerk. Simmers sê 96 projekte in al sy afdelings wat oor ‘n paar jaar strek, is óf aan die gang óf word deur die departement beplan.
Leave a Reply