Wes-Kaap premier loof Khayelitsha-entrepreneurs
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het plaaslike entrepreneurs aangemoedig om aansoek te doen by die regering se versterkingsfonds vir klein, mikro en medium ondernemings. Hy het entrepreneurs van Khayelitsha bedank vir hulle rol om Kaapstad en die provinsie te help om top bestemmings te bly. Winde het tydens ‘n besoek aan ikoniese toeriste-trekpleisters soos Siki’s Coffee en Khaltsha-fietse gesels met entrepreneurs, en hulle positiewe uitwerking op die gemeenskap en die ekonomie geloof.
Leave a Reply