Weste rek oorlog in Oekraïne uit – Putin
Die Russiese president, Vladimir Putin, het Amerika en ander Westerse lande beskuldig dat hulle die oorlog in Oekraïne uitrek. Putin het in ‘n onderhoud van twee ure met die omstrede gewese aanbieder van Fox News, Tucker Carlson, in Moskou beklemtoon sy land het die reg om homself te verdedig wanneer sy nasionale veiligheid bedreig word. Hy beweer as Amerika ophou om wapens aan Oekraïne te verskaf, sal die oorlog binne weke verby wees. Dit volg nadat die Amerikaanse senaat gister die buitelandse-hulppakket van 1,8 duisend miljard Namibiese dollar aan Oekraïne en Israel goedgekeur het.
Leave a Reply