Wetsontwerp wil keer dat banke mense se huise afvat
Justisie-minister Yvonne Dausab sê dit is die regering se doel om leners waar moontlik in hul huise te hou, om die terugneming van primêre wonings deur banke die laaste uitweg te maak. Sy het in die Nasionale Vergadering gesê dit is in ooreenstemming met die internasionale menseregtewet wat almal se reg op voldoende behuising erken. Dausab het die wysigingswetsontwerp op die Hooggeregshof gemotiveer en sê dit omskryf vir die eerste keer die betekenis en omvang van ‘n primêre woning, om beskerming te bied aan alle persone wat enige vorm van onroerende eiendom as hul primêre woning gebruik. Sy sê mense verloor hul huise ondanks pogings om banke terug te betaal.
Leave a Reply