Wettiging van dagga… dit sal nog lank duur
Die Namibiese reggae-kunstenaar en dagga-aktivis, Ras Sheehama, het sy reaksie gegee oor die saak om die gebruik van dagga in Namibië te wettig. Dagga-aktivis Jaftha Brian het die Windhoekse hoërhof genader om te verklaar dat die wetgewende verbod op die besit en gebruik van dagga deur volwassenes teenstrydig is met die Grondwet. Die saak is kompleks omdat dit grondwetlike vrae opper is. Intussen het die kabinet ‘n jaar of twee terug opdrag gegee dat verdere konsultasie in verband met die wettiging van dagga gedoen word. Daar is kommer oor psigose veral omdat Namibië baie min psigiaters tot sy beskikking het. Sheehama met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê hierdie saak is dalk in die hande van die toekomstige geslag.
Leave a Reply