WGO-hoof by Jemen-lughawe tydens Israelse lugaanvalle
Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie en ander VN-personeel was Donderdag by Jemen se internasionale lughawe in Sanaa tydens ‘n Israelse lugaanval. Tedros Adhanom Ghebreyesus sê hy en personeel was op die punt om aan boord ‘n vliegtuig te gaan toe die lughawe onder ‘n lugaanval deurgeloop het. Volgens Houthi-mediaberigte is kragstasies en hawens ook getref. Minstens drie mense is dood en tientalle beseer. Die rebelle het die aanvalle as “barbaars” bestempel nadat Israel verantwoordelikheid aanvaar het.