WGO ontruim kinders met kanker uit Gaza
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê 12 kinders met kanker of ander bloed-afwykings is saam met hulle toesighouers uit die Gaza-strook se besette Palestynse gebied ontruim. Hulle is na Egipte en Jordanië geneem sodat hulle behandeling veiilig kan voortgaan. Nog kinders sal na verwagting vir kankerbehandeling as deel van die iniasiatief ontruim word. Die WGO het die ontruimings verwelkom en benadruk die volhoubare en geordende, onbelemmerde en veilige ontruimings van swaargewonde mense en siek pasiënte na en via Egipte deur die Rafah-grenspos is noodsaaklik.
Leave a Reply