Wham! se Last Christmas maak geskiedenis
Die Britse groep Wham! het geskiedenis gemaak met hul treffer Last Christmas wat die eerste liedjie geword het om twee jaar na mekaar as die nommer een Kersfees-liedjie gekroon te word. George Michael en Andrew Ridgeley moes 39 jaar wag om die feestyd top-plek te bereik in 2023, en het nou in 2024 weer so gemaak. Die hoof van Official Charts, Martin Talbot, sê Last Christmas is nou sonder twyfel gevestig as die Britte se gunsteling Kersliedjie ooit. Die Amerikaanse popster, Gracie Abrams is tweede met That’s So True en Mariah Carey met All I Want For Christmas Is You in die derde plek.