WhatsApp boodskap oor 50 000 werksgeleenthede is vals
‘n Werwingsboodksap van die Wêreldvoedselprogram wat in September 2023 wyd in Namibiese WhatsApp-groepe gedeel is, is vals. Namibia Fact Check sê die boodskap, wat verklaar het dat die voedselprogram 50 000 werksgeleenthede bied, is ‘n bedrogspul. Die skakel in die pos is nie vir ‘n amptelike webblad van die WFP nie en is duidelik ‘n uitvissing-taktiek. Dit is bedoel is om potensiële aansoekers te lok om persoonlike inligting prys te gee sodra hulle op die skakel kliek en ‘n aanlyn aansoekvorm invul.
Leave a Reply