Willem Kruger-saak nou moordondersoek
Ondersoekers van die Suid-Afrikaanse Polisiediens werk saam met die Nasionale Vervolgingsgesag nadat hulle ‘n geregtelike doodsondersoek na die dood van die 29-jarige Willem Kruger van Groblersdal in Limpopo, wie se lyk in November verlede jaar uit die Vaalrivier gehaal is, in ‘n moordondersoek verander het. Polisiewoordvoerder Selvy Mohlala sê die polisie in samewerking met die NVG kyk nou na moontlike aanklagte van regsverydeling sowel as aanklagte van meineed teen sekere persone van belang, wie se identiteit nie in hierdie stadium bekend gemaak kan word nie. Kruger was by ‘n rampartytjie van ‘n vriend op ‘n plaas naby Morgenzon, en sy lyk is later in ‘n wit Toyota-bakkie in die Vaalrivier ontdek.
Leave a Reply