Winde bekommerd oor trae opknapping van Koeberg
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê hy is bekommerd oor die voortslepende vertragings met opknappingswerk by die Koeberg-kernkrag-aanleg. Dié aanleg is ‘n onontbeerlike deel van die provinsie se energiemengsel. Eenheid een wat vir onderhoudswerk van lyn af is sodat ‘n stoom-opwekker vervang kan word, gaan nie teen middel-September gereed wees vir ingebruikneming nie. Eenheid twee sal na verwagting in Oktober vir ongeveer ses maande buite werking wees. Winde sê indien albei eenhede op dieselfde tyd gesluit word, sal kragonderbrekings aansienlik toeneem.
Leave a Reply