Winde het kommer oor ANC-regering se besnoeiings
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê terwyl provinsies se begrotings gesny en dienslewering bedreig word, hou die nasionale regering steeds vol om nuttelose reddingsboeie uit te deel aan wanfunksionele staatsondernemings Die provinsiale regering het ‘n dispuut met die nasionale regering verklaar en sê die begrotingsbesnoeiings laat hom met ‘n tekort van 1,1 miljard Suid-Afrikaanse rand. Winde sê om sake te vererger sal voorwaardelike toelaes in totaal met meer as 642 miljoen rand gesny word, wat die begrotings raak van die provinsiale regering se belangrikste dienste-departemente waaronder onderwys, gesondheid en maatskaplike ontwikkeling.
Leave a Reply