Windhoek begin afval koop, herwin
Die Stad Windhoek se vaste-afval bestuursafdeling het ‘n loodsprojek van stapel gestuur om afval-terugkoopsentrums in twee woongebiede in Windhoek te bou en te bedryf. Die fasiliteite is geleë op die hoek van Hans Dietrich Genscher- en Bondelstraat en Frankfurtstraat, oorkant Mamadu Kleuterskool. Die fasiliteite koop, sorteer en herverkoop verskillende soorte herwinbare materiale, soos papier, blikke en plastiek. Stad Windhoek se woordvoerder, Lydia Amutenya, praat oor die doelwitte van die projek.
Leave a Reply