Windhoek Onderwysfonds teiken behoeftige studente
Die Windhoek munisipale raad het die stigting van die Windhoek Onderwysfonds, ‘n nuwe inisiatief om behoeftige studente te ondersteun, goedgekeur. Die fonds is voorgestel deur raadslid dr. Job Amupanda en het ten doel om beurse en lenings vir opvoedkundige doeleindes te verskaf aan studente van Windhoek wat sukkel om toegang tot onderwysgeleenthede te kry. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibië Nasionale Studente-organisasie se woordvoerder, Dorothea Nangolo, gepraat wat ‘n beroep op ander plaaslike owerhede doen om ook studente by te staan.
Leave a Reply