Windhoek Oos-inwoners moet belangrike openbare vergadering bywoon
Inwoners van die Windhoek-Oos kiesafdeling word uitgenooi na ‘n insiggewende en raadplegende vergadering met die Stad Windhoek. Die openbare vergadering is geskeduleer vir Woensdag, 4 Oktober om ses-uur namiddag by die Dagbreek Skool se saal in Klein Windhoek. Inwoners het oor verskeie kwessies gekla en hierdie platform sal hulle die kans gee om hul bekommernisse met die Stad Windhoek aan te spreek. Kosmos 94.1 nuus het met Brian Black, die raadslid vir die Windhoek-Oos kiesafdeling, gepraat.
Leave a Reply