Windhoek Stadspolisie reg vir misdadigers
Die Windhoek Stadspolisie is vir die feesseisoen by die Okapuka-padblokkade gestasioneer om te verseker dat padverkeersreëls nagekom word. Hulle sal onder meer ondersoeke doen vir uitstaande lasbriewe, voertuigpadwaardigheid en bestuurderslisensies. Die Stadspolisie se superintendent, Katrina Nomboga, beklemtoon die span se fokus op verskeie padveiligheidsaspekte. Die Stadspolisie waarsku ook potensiële inbrekers van 24-7 toesig, dus moet enige planne om by huise in te breek in die afwesigheid van huiseienaars gestaak word.
Leave a Reply