Windhoekers, oudit van water-, kragmeters op pad
Stad Windhoek het aangekondig dat hulle ‘n meterlesings-oudit in alle dele van die stad sal onderneem vanaf 16 Augustus tot 20 September. Die doel van die oudit is om te verifieer dat rekords op die meters op huishoudelike vlak ooreenstem met hul faktuur-stelsel. Die stad doen ‘n beroep op inwoners om toegang vir munisipale amptenare tot alle eiendomme te gee. Die amptenare sal hul werknemers-kaarte vertoon. Kosmos 94.1 Nuus het met die korporatiewe kommunikasiebeampte van die stad, Celie Kapolo, gepraat.
Leave a Reply