Winkeldiefstal in New York raak gevaarlik
Nuus uit die VSA toon dat winkeldiefstal ‘n daadwerklike uitdaging in New York word. Volgens wat berig word, is sindikate betrokke en kliënte in winkels word ook geteiken vir hul beursies, juwele en meer. Winkels in Queens het begin om alle produkte agter slot en grendel te hou met knoppies wat gedruk moet word indien ‘n produk gekoop wil word. Die burgemeester van die stad Eric Adams sê in 2022 was daar 22 000 gevalle van diefstal uit winkels met 327 verdagtes wat verantwoordelik was vir 30 persent van die gevalle. Winkeldiefstal het in die stad met 44 persent toegeneem.
Leave a Reply