Winsmarge op sonneblom-olie steeds baie hoog
Suid-Afrika se Mededingingskommissie sê sy kommer oor die prys van sonneblom-olie duur voort. Volgens die jongste voedsel inflasiesysfers in Namibië het die prys met net meer as 5 persent gedaal maar, daar is vroeër in die buurland bevind die prys het die hoogte ingeskiet in 2022 nie as gevolg van ‘n duurder sonneblomsaadprys nie, maar die winsmarge van die waardeketting wat deur die oorlog uitgebuit is. Vanjaar het die prys van sonneblom-olie met 4,6 persent gedaal maar, die prys van sonneblomsaad het met amper 10 persent gedaal wat aandui dat die waardeketting steeds uiters hoë winste inwin, al is dit laer as dit wat in 2022 aangeteken is.
Leave a Reply