Witmielie produsente ‘moet staatshulp kry’
Droëland-produsente van veral witmielies het uitdagings met wispelturige reënval. Die vraag na witmielies groei jaarliks met amper 1 persent, maar produksie neem jaarliks af met 0,5 persent. In 2026 sal daar na beraming ‘n vraag wees vir sowat 132 000 metrieke ton, met produksie wat net onder 48 000 metrieke ton sal bereik. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanks Saisai, die tegniese adviseur van Agribank wat spesialiseer in gewasse en pluimvee, oor wat gedoen moet word om produksie teen 2026 te verhoog. Hy sê produsente moet onder meer gesubsidieer word.
Saisai voeg by dat die land ‘n mark moet verseker wat stabiel is en bereid is om produsente te ondersteun.
Leave a Reply