Witvlei se tenkerwa-brand onder beheer
Die tenkerwa is uitgebrand en terwyl daar nie meer ‘n risiko is vir ‘n ontploffing nie, is daar diesel gestort op die toneel waar die tenkerwa vanoggend aan die brand geslaan het, ongeveer 10 kilometer net oos van Witvlei. Die gras is kort en het gelukkig ook nie gebrand nie. Die Witvlei-brandweer was daar met hulle bakkie maar die waterpomp is stukkend en dus kon hulle net toekyk hoe die vragmotor uitbrand. Terwyl die brandweer op die lughawe ten volle toegerus is, was die brand blykbaar buite hulle jurisdiksie. Die tenkerwa vol diesel was op pad na Botswana. Diesel is nie so vlambaar soos petrol nie omdat dit nie dampe maak nie. Die brand het groot konsternasie veroorsaak en verkeer was ‘n geruime tyd vertraag omdat hulle nie verby die toneel kon beweeg nie. Daar is geen beserings aangemeld nie.
Leave a Reply