Woede oor skietdood van Leap-beampte in Kaapstad
Die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagan Allen, is woedend oor die skietdood Vrydagaand van ‘n 32-jarige Wetstoepassingsbevorderingsplan-beampte in Nyanga, Kaapstad. Die beampte, Zanikhaya Kwinana, en twee van sy kollegas was in hulle amptelike voertuig toe daar op hulle geskiet is. Allen sê sou die voorval aan die minibustaxi-staking verbind kon word, doen hy ‘n beroep op die leiers om dit sterk te veroordeel en te help om die oortreders aan die man te bring.
Leave a Reply