WWF het hulpmiddel teen omgewingsmisdaad

Home Uncategorized WWF het hulpmiddel teen omgewingsmisdaad
WWF het hulpmiddel teen omgewingsmisdaad

WWF het hulpmiddel teen omgewingsmisdaad

Die Wêreldwye Fonds vir Natuur het ʼn hulpmiddel bekendgestel om finansiële instellings te help om hul risiko vir blootstelling aan finansiële omgewingsmisdaad te bekamp. Omgewingsmisdaad is wêreldwyd die derde grootste onwettige aktiwiteit. Die instrument kan finansiële instellings help om nuwe kliënte te sif en bestaande kliënte weer na te gaan. Volgens WWF kan dit ook help om gevare uit te wys wat met veranderde grondgebruik soos ontbossing verband hou en op finansiële misdaad kan neerkom. 

source