Wysigingswetsontwerp oor Lewendehawe en Veeprodukte goedgekeur
Die Wysigingswetsontwerp van Lewendehawe- en Veeprodukte is sonder enige teenkanting in die Nasionale Raad goedgekeur. Die landbouminister Calle Schlettwein het die wetsontwerp in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê wat deur parlementslede goedgekeur en na die Nasionale Raad verwys is. Die doel van die wysigings-wetsontwerp is om ook ander kommoditeite soos suiwel, pluimvee en hul produkte in te sluit, aangesien hierdie bedrywe op die rand van ineenstorting is as gevolg van invoere na Namibië.
Leave a Reply