Xinfeng is terug in die hof vandag – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Xinfeng is terug in die hof vandag – Kosmos 94.1
Xinfeng is terug in die hof vandag – Kosmos 94.1



Xinfeng is terug in die hof vandag

Die tweede deel van die Chinese litium-mynmaatskappy Xinfeng Investments se aansoek teen die lynminister Tom Alweendo kom vandag voor regter Ramon Maasdorp voor. Die regter het aan die einde van Junie in Xinfeng se guns bevind en hom ‘n tydelike interdik teen enige aksies toegestaan. Die Chinese-myner het gevra dat die hof keer dat stappe teen hom geneem word na Alweendo sy mynlisensie opgehef het. Die tweede deel van die saak handel oor die opheffing en of dit wettig is en ook of Alweendo die mag het om dit te doen. Die kwessie van litiumontginning in die Uis-omgewing het uiters omstrede geword met Alweendo wat gesê het die maatskappy was nie eerlik in sy aansoek nie en die Uis-gemeenskap wat sê daar is geen voordeel vir hulle met die Chinese se teenwoordigheid nie. Die Namibiese kabinet het op 13 April ‘n verbod op die uitvoer van sekere kritieke minerale wat onverwerkte litium-erts insluit, goedgekeur. Die woordvoerder van die ministerie van myne en energie Andreas Simon het destyds die ministerie se reaksie op die verbod so verwoord. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.