Zambezi-korrupsie: Nog twee verskyn vandag
Die Namibiese polisie sê nog net drie van die vier Zambezi-streeksleiers het hul borg van 50 000 Namibiese dollar betaal op Katima Mulilo. Die vier het verskyn in verband met die verduistering van 4 miljoen dollar wat geoormerk was vir die ontwikkeling van die Kongola-nedersetting. Intussen is daar nog twee beskuldigdes in die saak gearresteer en hulle sal vandag voor die Katima-landdros verskyn. Die saak is tot 7 Desember uitgestel vir regshulp. Intussen sê die woordvoerder van die Teenkorrupsie-kommissie Josefina Nghituwamata hulle het nie borg teengestaan nie omdat die ondersoek voltooi is.
Leave a Reply