Zambezi-, Kuneneriviere sak effe, maar is steeds hoog
Die vlak van die Okavangorivier by Rundu het oornag met 10cm gestyg na 5,32 meter, sê die Namibië Hidrologiese Diens. Die Zambezirivier by Katima Mulilo het effe teruggesak na 1,33 meter maar loop steeds heelwat hoër as dieselfde tyd verlede jaar. Die Benede Oranjerivier by Blouputs het van 2,48 meter gister gestyg tot 2,81 meter, en is ook hoër as verlede jaar. Die Kunenerivier by Ruacana het ‘n vloei van 319,6 kubieke meter per sekonde aangeteken, waar die vloei gister 337,6 kubieke meter per sekonde was. Dit is steeds dubbel die vloei verlede jaar.
Leave a Reply