Zambezi-owerhede vergader oor korrupsie-skandaal
Die Zambezi-streeksraad sal volgende week vergader oor die onlangse arrestasie van ses van sy lede vir korrupsie van amper 5 miljoen Namibiese dollar. Die voorsitter van die bestuurskomitee, Matengu Simushi het die vergadering aan plaaslike media bevestig en sê die kantoor van die prokureur-generaal en die Openbare Dienskommissie sal ook teenwoordig wees. Die vergadering sal volgende week Woensdag plaasvind. Die ses, wat die hoof streeksbeampte insluit, se saak is tot 7 Desember uitgestel vir hulle om regshulp te bekom. Die arrestasie het groot opslae gemaak. Die fondse was blykbaar geoormerk vir ontwikkeling naby Kongola. Die Zambezi-streek, saam met die twee Kavango-streke is van die mees onder-ontwikkelde streke in die land.
Leave a Reply