Zambiërs wat ivoor smokkel spoorloos
Plaaslike berigte lui dat die polisie in die Zambezi-streek op soek is na agt Zambiese burgers wat olifanttande vanaf Botswana na Namibië gebring het. Volgens inligting is die ivoor deur die Batubaja-gebied, aan streek se suidelike grens met Botswana deur gesmokkel. Onbevestigde berigte lui dat ten minste 18 heel tande ingebring is. Die streek se bevelvoerder, kommissaris Andreas Shilelo sê inwoners moet verdagte bewegings van veral vreemdelinge by owerhede aanmeld.
Leave a Reply