Zanu-PF ontken gewelddadige aanvalle op opposisiepartye
Die voormalige woordvoerder van Zimbabwe se regerende Zanu-PF Party in Suid-Afrika, Kennedy Mandaza, het bewerings verwerp dat die Zimbabwiese polisie gewelddadige aanvalle op die hoof-opposisieparty in dié land uitvoer. Die Citizens Coalition for Change, het vroeër gesê opposisiepartye ondervind toenemende polisiegeweld terwyl hul saamtrekke ontwrig word. Mandaza sê Zanu-PF kan nie aanspreeklik gehou word vir polisiebeamptes se optrede nie. Hy sê die bewerings kan nie waar wees nie omdat President Emmerson Mnangagwa vroeër gesê het alle politieke partye is vry om veldtogte van stapel te stuur en dat die verkiesing vry van geweld moet wees.
Leave a Reply