Zuma verloor nog ‘n appèlsaak
Die Appèlhof het oudpresident Jacob Zuma nog ‘n slag toegedien en sy poging teen ‘n Hooggeregshof-uitspraak van die hand gewys oor sy privaat vervolging van staatsadvokaat Billy Downer en die News24-joernalis, Karyn Maughan. Die hof het bevestig Zuma se saak is ongegrond en het hom beveel om die koste te betaal. Zuma het Downer beskuldig dat hy sy privaat mediese rekord aan Maughan oorhandig het. Die vier regters het die bevinding van die Hooggeregshof in KwaZulu Natal bevestig dat die privaat vervolging misbruik van die regsproses is, wat met ‘n bybedoeling ingedien is.
Leave a Reply